Onthou wat Hy vir ons gedoen het

Met Paasfees om die draai, onthou ons wat Jesus vir ons gedoen het deur te sterf vir ons sonde, omdat Hy eerste lief was vir ons.

 

‘Jesus het vir ons gewys wat liefde is, want Hy het gesterf sodat ons kan lewe. En so moet ons ook sterf sodat die ander gelowiges kan lewe. ‘ 1 Johannes 3:16

‘Dit was amper tyd vir die Paasfees. Jesus het geweet dit was tyd om weg te gaan van hierdie wêreld en terug te gaan na sy Vader toe. Alles wat Jesus tot daardie dag gedoen het, het gewys dat Hy lief was vir die mense wat aan Hom behoort het en wat in die wêreld was. Jesus het tot die einde sy liefde vir hulle gewys, Hy het dit heeltemal gewys toe Hy aan die kruis gesterf het. ‘ Johannes 13:1

Elke stap op die Calvary-pad het beteken: “Ek is lief vir jou.”

Weens die opstanding van Jesus word ons wedergebore vir ‘n lewende hoop.

‘Ons prys die God en Vader van ons Here Jesus Christus, God wat baie goed is vir ons. Jesus Christus het gesterf, maar God het vir Jesus weer laat lewe, en so het God vir ons ook weer laat lewe. Ons het nou ‘n nuwe lewe, en daarom kan ons baie seker wees van die dinge wat ons hoop. ‘ 1 Petrus 1:3

As gevolg van Jesus se opstanding het Hy nou die glorie waarvoor ons gemaak is. Ons uiteindelike doel is om Hom te sien soos Hy is.

God het Hom weer laat lewe en God het Hom Koning gemaak. Daarom glo julle in God, julle weet en julle is seker dat Hy julle sal red. ‘ 1 Petrus 1:21

‘“Vader, Ek gaan nou na die hemel. Ek wil graag hê die mense wat U vir My gegee het, moet ook daar saam met My wees. Dan kan hulle sien Ek is God. U het vir My hierdie eer gegee, want U was lief vir My, ook voordat die wêreld daar was. Vader, nou moet U My na U toe neem. Dit sal vir die mense wys dat Ek ook God is. U moet vir hulle wys dat Ek by U was en dat Ek ook God was voordat die wêreld daar was. ‘ Johannes 17:5,24

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s